Local newsNewsNews

Dienssentrum se Tannie Lena (82) voltooi 8km staproete vir busfondsinsameling

Lena van Rooyen het die staproete vandag (Dinsdag, 24 Junie) aangepak.

Een van die Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes se staatmakerlede, Lena van Rooyen, het op 82-jarige ouderdom ‘n 8km-stap voltooi vir die aankoop van ‘n nuwe rolstoelbus vir die sentrum.
Lena het die staproete vandag (Dinsdag, 24 Junie) aangepak.

Die dienssentrum het hul trots uitgespreek oor Lena, wat in Augustus haar 83ste verjaarsdag vier.
“Haar deursettingsvermoë, positiewe gesindheid en bereidwilligheid om vir ‘n saak na aan haar hart te stap, is vir ons almal ‘n inspirasie. Baie dankie aan elkeen wat reeds bygedra het en haar ondersteun het. Indien daar nog iemand is wat graag ‘n bydrae wil maak, is julle steeds meer as welkom om dit te doen. Elke bydrae, groot of klein, maak ‘n verskil,” het die dienssentrum genoem.

Die saak waarvoor Lena stap is die rolstoelbusprojek wat gestig is nadat dié spesiale bus in ‘n ongeluk op 11 Mei afgeskryf is.

Sonder hierdie bus beteken dit dat 259 mense in die gemeenskap nou nie van hierdie gespesialiseerde vervoerdiens kan gebruik maak nie.

Dit sluit in lede van die Potchefstroom Dienssentrum, sowel as inwoners van verskeie aftreeoorde wat weekliks hierdie diens gebruik.

Hierdie bus was met ‘n spesiale hidroliese rolstoelhyser toegerus wat toegangklikheid vir rolstoelgebruikers verhoog en hul veiligheid verseker het. Dit was die enigste bus van sy soort in Potchefstroom.
Kontak gerus die Potch Dienssentrum vir Bejaardes by 018 293 0678 vir meer inligting of om ‘n bydrae te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button