SportSport

Baillies se netbaltalent gaan skitter in Noordweskleure

Laerskool Baillie Park se netbaltalent skitter hierdie komende week op provinsiale vlak nadat Adelay Botha en Lelanie Martens vir die Noordwes o12-netbalspan gekies is.

Adelay Botha en Lelanie Martens van Laerskool Baillie Park is gekies om Noordwes tydens die All Ages-netbaltoernooi in Pretoria vanaf 29 Junie – 2 Julie te verteenwoordig.

Dié insluiting is die beloning vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë gedurende die netbalseisoen.

Lelanie het ook die besondere eer ontvang om as kaptein van die Noordwes 0/12-span aangewys te word. Haar leierskap, sportmanskap en voorbeeld op en van die baan af maak haar ’n waardige keuse vir dié verantwoordelikheid.

Adelay Botha en Lelanie Martens van Laerskool Baillie Park is vir die Noordwes o12-span gekies.

Laerskool Baillie Park wens die twee spelers alle sterkte toe vir die toernooi en vertrou dat hulle die skool en Noordwes met trots en onderskeiding sal verteenwoordig.

“Adelay en Lelanie se prestasie is nie net ’n persoonlike hoogtepunt nie, maar ook ’n trotse oomblik vir hul afrigters, spanmaats, ouers en die hele Baillies-gemeenskap,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button