Drie gesogte Noordvaal-seunshokkietoernooie vind van 30 Julie tot 1 Augustus in Potchefstroom plaas.
Potchefstroom Gimnasium is in die bevoorregte posisie om gasheer vir die o14-, o16- en o19A-afdelings te wees, waar van die top Noordvaal-skole mekaar op die Gimmies- en NWU-astrobane gaan aandurf. Gimmies se o14-, o16- en o19-spanne sal ook almal in aksie wees. Die o14’s speel op die Gimmie Astro, terwyl die o16’s en o19’s by die NWU Astro in aksie sal wees.
Kry die bepalings hier
Deelnemende skole sluit onder andere Monument, Midstream College, Rustenburg, Secunda, Pietersburg, Nelspruit, Eldoraigne en Menlopark in.
Dit is die 16de jaar wat die kompetisie aangebied word. Soekie Coetzen is die organiseerder van die toernooi en een van die oorspronklike stigterslede sedert 2011.

Sy vertel dat die toernooi juis tophokkie na Potchefstroom bring, met 36 spanne wat oor drie dae kragte gaan meet.
“Ons hoop dat mense van buite Potchefstroom die gasvryheid van die dorp sal ervaar. Ons hoop ook dat dit ‘n goeie ekonomiese inspuiting vir Potchefstroom sal wees.”
Donderdag begin die poelwedstryde. Die 12 spanne is in vier poele van drie spanne elk verdeel. Hulle sal meeding om die topposisies, wat hulle teoreties ‘n gunstiger pad na die kwarteind- en halfeindstryde op Vrydag, 31 Julie, kan bied.
Op Saterdag, 1 Augustus, vind die uitspeelwedstryde plaas, waar spanne om die eerste tot twaalfde plekke sal meeding.
15:45
o.19A – Gimmies teen Kempton Park – NWU Astro (A)
18:05
o.14A – Gimmies teen Eldoraigne – Gimmies Astro
19:20
o.16A – Gimmies teen Nelspruit – NWU Astro (B)



