Local newsNewsNews

Bekende radioloog oorlede in Bult-motorongeluk

Die 42-jarige dr. Pieter Henning was alleen in sy motorvoertuig ten tyde van die ongeluk. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Die man wat gisteraand, (29 Julie) in die motorongeluk op die Bult by die Rissik en Wilgenstraat kruising oorlede is, is dr. Pieter Henning, ‘n bekende radioloog.

Hy was die mede-stigter van Keystone Radiology wat later na RadDX Radiology hernoem is.
Henning was vroeër vanjaar in die nuus oor verskeie bewerings.

Daar is berig dat hy in die landdroshof in Stellenbosch verskyn het op aanklagtes dat hy skote in ‘n openbare plek afgevuur het. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het ook beweerde klagtes dat hy aan pynmiddels verslaaf was, ondersoek. Henning het die bewerings teen sterkste ontken.

Die Herald het vroeër berig dat nooddienste omstreeks 22:13 op die toneel was waar Henning verongeluk het.
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder Sersant Kelebogile Morake was daar geen ander voertuie betrokke nie. Sy voertuig het teen bome en lamppale tot stilstand gekom.
“Die man is dood op die toneel verklaar. Sy liggaam is na die Potchefstroom Lykshuis vervoer waar ‘n nadoodse ondersoek uitgevoer sal word.”
Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Die ongelukstoneel gisteraand (29 Julie) op die hoek van Wilgen en Rissikstrate.

Die Potchefstroom Herald het Henning se naasbestaandes gekontak, maar nog nie terugvoer ontvang nie. RadDX se tak in Potchefstroom wou nie kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button