SportSport

Weer ‘n Gimmie-Volkie eindstryd herhaling?

Volkies speel in die halfeindstryd teen Hoërskool Centurion in 'n wegwedstryd, wat 'n taai uitdaging sal wees. Potchefstroom Gimnasium se eerste span pak Midstream College, ook in 'n wegwedstryd.

Soos sake tans staan met beide Volkies en Gimmies se eerste rugbyspanne in die Noordvaal Virsekerbeker halfeindstryde is daar ‘n kans dat hierdie twee skole weer vir die Bowl-titel kan meeding.

Potchefstroom Gimnasium se eerste span pak Midstream College in ‘n wegwedstryd aan nadat hul verlede naweek ‘n naelbytstryd teen Hugenote met 27-25 gewen het. Gimmies is ook die algehele voorloper in die Bowl-afdeling.

Volkies speel in die halfeindstryd teen Hoërskool Centurion in ‘n wegwedstryd, wat ‘n taai uitdaging sal wees.

Volkies se eerste rugbyspan is die enigste span van hierdie skool wat nog in die Virsekerbeker-reeks oor is. Ná ‘n 45-24-sege oor Hoërskool Brandwag van Benoni is die gemoedere hoog. Johannes Lombaard as kaptein en agtsteman, asook die stut, Michael Rochat wat twee drieë gedruk het, was van die uitblinkers vir Volkies.
Met dié oorwinning het Volkies nie net hul kans lewend gehou om die titel wat hulle in 2025 gewen het suksesvol te verdedig nie, maar ook relegasie vrygespring. Hulle is tans tweede laaste in die Bowl-Wes-afdeling met 174 punte, maar steeds ver voor Hugenote (159,5 punte) en Die Anker (157 punte) in die Bowl-Oos-afdeling. Die twee skole met die laagste gesamentlike punte uit die Bowl-Oos- en Bowl-Wes-afdelings sal gerelegeer word.

Eerstespan-bepalings:

o19A: Gimmies teen Midstream om 12:40 by Midstream College

o19A: Volkies teen Centurion om 12:40 by Hoërskool Centurion

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button