SportSport

Gimmies se eerstespan hokkiedogters veg voort by Noordvaal in Potch

Gimmies speel om 'n plek in die 1–4-uitspeelgroep nadat hulle gister vir Ermelo met 3–1 in 8 sekonde-strafdoele geklop het.

Gimmies se eerste dogtershokkiespan sal alles moet insit wanneer hulle teen Hoërskool Noordheuwel in die kwarteindronde van die 2026 Noordvaal o19-hokkietoernooi in Potchefstroom kragte meet. Die o19A Noordvaal toernooi vind vanad 6-9 Augustus by die NWU Astro plaas.

Die goeie nuus vir Gimmies is dat hulle op eie bodem speel en dat die bekendheidsfaktor kan in hul guns kan tel.

Gimmies speel om ‘n plek in die 1–4-uitspeelgroep nadat hulle gister vir Ermelo met 3–1 in 8 sekonde-strafdoele geklop het. Dit volg nadat die telling ná normale speeltyd op 1–1 gestaan het.

In die poelfase het Gimmies effens gesukkel, met ‘n 1–1-gelykopuitslag teen Nelspruit en ‘n 0–2-nederlaag teen Dr. E.G. Jansen.

Al vier Gimmies se A-dogtershokkiespanne speel hierdie naweek in hul onderskeie Noordvaal-toernooie regoor die land.

Die o15A-span het reeds twee oortuigende oorwinnings behaal, insluitend ‘n 3–2-sege teen Waterkloof en ‘n indrukwekkende 6–0-oorwinning oor Dr. Malan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button