Een van Gimmies se hokkie-sterre, Timari “Tiekie” Jonker, is tans in Nairobi, Kenia, saam met die o18 Suid-Afrikaanse 5’s-span vir die Jeug-Afrikabeker, waar sy in groen en goud uitblink.
Hokkie 5’s is ‘n verkleinde vorm van hokkie waarin daar slegs vyf spelers per span op ‘n kleiner, omheinde veld speel.
Timari het reeds met haar vaardighede en talent tydens die toernooi beïndruk. Sy het ook sovêr die meeste doele in die toernooi aangeteken.
Timari is ook die kaptein van Gimmies se eerste dogtershokkiespan, maar weens haar deelname in Kenia mis sy die o19 Noordvaaltoernooi wat tans in Potchefstroom plaasvind. Haar tweelingsuster, Gardi, sal egter die gesin se naam in Gimmie-blou, wit en grys hoog hou.



