0,5 punte.
Dit is hoe naby Potchefstroom Gimnasium was om na die Skild-afdeling op te beweeg na vandag (Saterdag, 15 Augustus) se Noordvaal Virsekerbeker eindstryde by Hoërskool Centurion.
Gimmies het met 24-27 teen Centurion in die eerstespan Bowl-eindstryd verloor na hul alles gegee het.
Aangesien Hoërskool Ermelo (Bowl-Oos afdeling) se o14 en o15-spanne albei hul eindstryde gewen het, skuif hul nou op na die Skild-afdeling met 237 punte. Gimmies eindig op 236,5 punte en mis uit met die dikte van kophaar.
Ermelo se o14’s klop Midstream 22 – 15 en hul o15’s wen Dinamika – 15 – 12. Die lyn tussen na sukses was hier baie dun.

Dit is moeilike pil vir Gimmies om te sluk wat net-net nie die laaste hekkie kon oorkom nie.
Vir Gimmies se eerstes span het Brendon Kellerman, De Wet Grobler en Daniel Marais drieë gedruk.
Zandré Da Silva het drie doelskoppe en ‘n strafskop bygedra.



