Volkies se dogterskrieketspan het hul tweede oorwinning in ’n ry behaal die afgelope naweek toe hulle KHS met 154 lopies geklop het.
Volkies maak 232/1, met Nina Venter (63) en Ester Kroukamp (52) wat met die kolf skitter. KHS word uitgeboul vir 78.
In die eerste wedstryd van die seisoen het Volkies nog ’n Klerksdorpse skool, Wesvalia, met 52 lopies geklop.

Hier het Venter ook nog ’n vyftigtal (59) aangeteken, met Joané Badenhorst wat 42 lopies bygedra het.
Colleen Oosthuizen, ’n Dragons-speler en KSA-vlak 2-afrigter, rig die span af. Oosthuizen is ‘n oud-Potch Gimmie en is vertroud met wat dit verg om wenkrieket op skolevlak te kan speel.
Volgens Volkies is haar visie om “elke speler te help groei – nie net as krieketsterre nie, maar ook as jong leiers wat hul volle potensiaal op en van die veld af bereik.”



