SportSport

NWU klop Wits om plek in halfeindstryd te bevestig

Die verdedigende kampioene sal nou in die laaste poelwedstryd vanmiddag (Maandag, 14 September) teen Maties te staan kom.

Die NWU Eagles het hul posisie in die top twee van die Varsity Netbaltoernooi gehou nadat hul gister (Sondag, 13 September) vir Wits met 60-48 geklop het.

Die NWU moes hard veg gedurende die wedstryd met die telling wat teen rustyd net 27-22 was in die Potchefstromers se guns. Die NWU het uiteindelik in die laaste 15 minute na ‘n hoër rat oorgeskakel om Wits relatief gemaklik te klop.

Die verdedigende kampioene sal nou in die laaste poelwedstryd vanmiddag (Maandag, 14 September) teen Maties te staan kom. Maties is nie in die beste vorm vanjaar nie en die NWU behoort nog ‘n oorwinning in die sak te steek. Soos sake tans staan lyk dit of die NWU teen Kovsies of Tukkies in die half-eindstryd komende Maandag (21 September) sal speel. Dit hang als af hoe vanmiddag se laaste poelwedstryde eindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button