SportSport

Ferdies se boogskuts is kolskoot met pragprestasies by SA’s

Ferdies se 3D-span het algeheel vierde uit 38 spanne geëindig.

Ferdies se boogskietspan het hul uitstekend van hul taak gekwyt tydens die AGA-SA Nasionale Boogskietkompetisie, wat op 1 en 2 Oktober in Jeffreysbaai plaasgevind het.

Ferdies se 3D-span, bestaande uit Gerhard Maritz, David Knoetze, Elné Jacobs, Divan van der Walt, Celise Pretorius en Diané Grobler, het algeheel vierde uit 38 spanne geëindig.

Ferdies se 3D boogskietspan behaal ‘n vierdie plek in Suid-Afrika.

Hierdie groep boogskuts was vasberade om op die podium te staan en hul het dit reggekry in individuele kompetisie.

Gerhard Maritz het tweede onder die hoërskoolseuns en derde algeheel in die 2D-formaat geëindig.

In die Bullseye-formaat het Diané Grobler derde onder die Graad 8-meisies behaal, terwyl Elné Jacobs eerste onder die Graad 10-meisies en derde onder hoërskoolmeisies geëindig het. Divan van der Walt het ‘n derde plek onder die Graad 10-seuns behaal.

Carla Alberts sit trots by haar perfekte 50 in Bullseye.
Ferdies se Elné Jacobs (middel) het ‘n uitstekende eerste plek behaal.

Divan het ook twee perfekte tellings van 50 in Bullseye en een in 3D aangeteken. Diané en Carla Alberts het elk ‘n perfekte telling van 50 in Bullseye behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button