Krieketliefhebbers kan weer uitsien na uitstekende skolekrieket wanneer Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspanne mekaar gaan aanpak.
Hierdie keer in die SA20 Derby Series by die NWC Oval op Woensdag, 14 Oktober om 18:00 onder die speiligte.
Hierdie is deel van ‘n nuwe inisiatief van die SA20 waar die top skole en tradisionele teenstanders mekaar in T20-krieket aanvat. Hierdie reeks is juis daar om tradisie voort te laat leef en die wedstryd daardie ekstra groot gevoel te gee.

Volkies het die afgelope tyd die oorhand met ‘n sege in die Noordwesliga sowel as ‘n wen in Mei se Gimmies-Volkie Classic Clash.
Die vraag is kan Volkies dit drie in ‘n ry maak of kan Gimmies die wen behaal en met spogregte in die eerste Derby Series-wedstryd sit.



