High SchoolLocal newsSport
Gimmie-hokkie wys talent in Nederland
Gimmies het hulle talent in Nederland gaan wys.
Wanneer mens talent het, moet jy dit ten volle benut. Potchefstroom Gimnasium se dogtershokkie het onlangs in Nederland gat geskop.
’n Groep talentvolle Gimmie-hokkiespelers het die afgelope skoolvakansie ’n ongelooflike geleentheid gehad om hul spel op ’n internasionale vlak te wys.
Na hul deelname aan ’n onlangse toernooi in Bloemfontein, is sekere spelers geïdentifiseer en uitgenooi om deel te wees van ’n spesiale uitnodigingspan wat hul hokkievaardighede in Nederland kon slyp.
Inge Hamm, Linette Hartman, Ronel Hartman, Minke van Niekerk, Janke van Niekerk, Anienke Herbst, Emma Rost en Rienk van Wyk was uitgenooi na die geleentheid.
Gimmie-afrigter, Mitesh Makan, het as afrigter die span vergesel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.