Volkies maak amok teen Rustenburg
Herman Hesse en Johandré Jacobs het behoorlik onder die Rustenburg kolwers ingeklim met 4 paaltjies elk.
Volkie sse 1ste XI het Dinsdag in styl met Rustenburg in die Finsbury A-afdeling afgereken.
Rustenburg het eerste gekolf, maar die Volkies boulaanval was sterk en het die paaltjies van Rustenburg, vir ‘n totaal van 100 almal uit laat kantel. Volkies se kolwers het behoorlik baljaar en gemaklik die totaal in die 23ste beurt verby gesteek. Die Potchefstromers het met 7 paaltjies die oorwinning beklink.
Volgens Pieter Wiid, hulpafrigter van Volkies se 1ste XI, het was die ‘n goeie boulvertoning.
Die manne was klinies in die veld en goed uitgevoer met die kolf om oorwinning huis toe te bring.
Nou is dit Waterkloof op tuisbodem, en hopelik lê nog ‘n goeie tweestryd voor om Finsbury interessant te hou hier in die doodsnikke,” het Wiid gesê.
Herman Hesse en Johandré Jacobs het behoorlik onder die Rustenburg kolwers ingeklim met 4 paaltjies elk. Terwyl Louis van Wyk en Eduan van der Merwe, die wilgerlat geswaai het om 33 en 32 lopies onderskeidelik tot die span se totaal by te dra.



