Local newsSport

Wêreldbeker silwer vir plaaslike krieket ster

"Didi, soos ons haar noem is die dogter met die meeste selfdissipline, verantwoordelikheid en nederigheid."

‘n Graad 11 leerling aan Potchefstroom Gimnasium het onlangs ‘n silwer medalje saam met Suid Afrika se o.19 vroue-krieketspan verower.
Deirdré van Rensburg het saam met dié span na Maleisië gereis om die titel van beste o.19 vroue-span te probeer beklink. Dit het so amper, vir die Suid Afrikaners geberu maar hulle moes uiteindelik op 2 Februarie, die knie teen, Indië buig.
Deirdré en haar spanmaats het al hulle wedstryde tot in die eindstryd van die toernooi gewen. ‘n Silwermedalje in ‘n wêreldbeker toernooi as 16 jarige, is iets wat Van Rensburg vir lank sal onthou. Dié Gimmie-leerder sou baie lesse in die toernooi leer, wat haar net vorentoe in haar krieket loopbaan sal laat groei.
“Didi, soos ons haar noem is die dogter met die meeste selfdissipline, verantwoordelikheid en nederigheid. Haar menswees en karakter en weer tydens die afgelope wêreldbeker uitgestaan. Sy het nie ‘n wedstryd gespeel nie maar op 16 het sy die denkwyse, dat hierdie haar droom is, dat sy deel van hierdie ongelooflike groep is en dat sy terugkom met ‘n medalje. Deirdré van Rensburg is ‘n naam om te onthou want hierdie wêreldbeker is slegs die eerste van vele wat gaan volg,” het Zanmé Burger, Deirdré se krieketafrigter oor haar vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button