Laaste skop sorg vir oorwinning
Die Potchefstromers het in die Top 8 geëindig, wat beteken hulle vat Vrydag, vir Montana aan in die NWU reeks se kwartfinale.

Volkies se 1ste XV het hulle NWU reeks groep wedstryde afgesluit met ‘n dramatiese oorwinning teen Bergsig.
Die Potchefstromers het in die doodsnikke ‘n strafskop deur die pale gejaag om die wedstyd 30-31 te beklink. Die vorige week, het Volkies hulle Heidelbergse Volkskool teenstanders ook in die doodsnikke geklop.
Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit ‘n taai wedstryd.
“Hulle is ‘n baie goeie span. Ek dink ons het vir drie minute van die wedstryd voorgeloop. Dit was nou ‘n regte rugby wedstryd,” het de Beer gesê.
Die Potchefstromers het in die Top 8 geëindig, wat beteken hulle vat Vrydag, vir Montana aan in ide NWU reeks se kwartfinale. Volgens de Beer is hulle baie gelukkig met die span se vertoning dusver en sien hulle uit na ‘n goeie wedstryd teen die Pretorianers.
“Almal in die Top 8 is goed, ons gaan ons beste gee. Ek dink dit gaan groot fisiese stryd wees,” het hy gesê.
Volkies se netbal dogters het ook goed gevaar teen Bergsig om ‘n 28 -25 oorwinning te behaal. Die Hokkie dogters het hulle Rustenburg teenstanders 3-1 geklop, terwyl die seuns 2-0 die knieg moes buig.



