Volkies maak reg vir groot NWU-semi stryd
Die wedstryd tussen Wesvalia en Volkies is die hoofwedstryd van die dag en skop om 14:40 by die Fanie du Toit se A veld af.
Volkies se 1ste XV, maak hulleself reg, vir ‘n titaniese stryd die komende naweek teen Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp.
Die NWU-reeks se halfeindstryde vind almal op 12 April by die NWU en Gimmies se velde plaas. Die spanne wat nog vir die NWU kroon meeding, is Wesvalia, Potch Volkies, Marais Viljoen en Zwartkop.
Die wedstryd tussen Wesvalia en Volkies is die hoofwedstryd van die dag en skop om 14:40 by die Fanie du Toit se A veld af.
Albei spanne het oor die vakansie toere aangepak waar hulle albei goeie oorwinnings behaal het. Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, gaan die span hulle beste gee.
“Dit gaan ‘n baie goeie wedstryd wees. Ons het baie respek vir Willem en sy afrigters, hulle het ‘n goeie sisteem,” het de Beer gesê.
Volkies het gedugte 1ste Xv vanjaar wat enige iemand op die dag kan klop.
“EK dink dit gaan n baie taai wedstryd wees. Hulle het ‘n baie goeie groep seniors. Hulle het al laasjaar in die 7s gewys hierdie gaan ‘n goeie span wees,” het Willem van der Sandt, Direkteur van Rugby by Wesvalia, gesê.



