Local news

Afriforum skryf aan munisipale bestuurder oor toestand van Potch

"Potchefstroom se paaie is tans meer slaggat as pad, straatligte werk nie, vullis word onwettig in die dorp gestort en gras in openbare areas is só lank dat dit die ideale wegkruipplek is vir kwaaddoeners,"

Afriforum se Potchefstroom-tak het onlangs ‘n brief aan aan Kgomotso Kumbe, munisipale bestuurder, van die munisipaliteit gestuur.

Dié brief is om die haglike toestand van Potchefstroom uit te lig.

“Potchefstroom se paaie is tans meer slaggat as pad, straatligte werk nie, vullis word onwettig in die dorp gestort en gras in openbare areas is só lank dat dit die ideale wegkruipplek is vir kwaaddoeners,” het Alta Pretorius, distrikskoördineerder van die Afriforum Mooiriviertak, gesê.

Volgens haar het die Potchefstroom-tak nog nooit geskroom om probleme self op te los nie.

“Dié tak het in 2024 alleen R60 000 spandeer om slaggate in dié dorp te herstel en het ook al indringerplante uitgeroei, padmerke geverf, skoongemaak in die dorp en water- en rioollekke herstel. Die AfriForum-buurtwag doen ook hul deel om misdaad te bekamp met 200 aktiewe patrolleerders, patrollies elke aand en deur kameras op te rig. Hoewel die Potchefstroom-tak graag hierdie tipe aksies aanpak om die gemeenskap te help lê die primêre verantwoordelikheid vir hierdie instandhoudingswerk by die munisipaliteit,” het sy gesê.

Afriforum het die munisipaliteit sewe dae gegee om op AfriForum se skrywe te reageer met ’n plan oor hoe hulle hierdie probleme die hoof gaan bied.

Volgens Pretorius het AfriForum hulp aangebied in die vorm van ’n samewerkingsooreenkoms sodat die organisasie die munisipaliteit kan help met kontrakte en instandhoudingswerk.

Ten tyde van publikasie het die munisipaliteit nie op navrae reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button