Luiperds lek hulle wonde na groot katgevegte teen Leeus
Die Goue Leeus se o.21’s is steeds onoorwonne en het hul voorsprong in die Absa kampioenskap vergroot, deur die Luiperds verlede Vrydagmiddag met 29-17 in Potchefstroom te verslaan. Die Leeus het vertoonrugby in dié katgeveg gespeel en bewys hoekom hulle die voorlopers in vanjaar se kompetisie is. Nietemin het die Luiperds ook hulle tande …
Die Goue Leeus se o.21’s is steeds onoorwonne en het hul voorsprong in die Absa kampioenskap vergroot, deur die Luiperds verlede Vrydagmiddag met 29-17 in Potchefstroom te verslaan.

Die Leeus het vertoonrugby in dié katgeveg gespeel en bewys hoekom hulle die voorlopers in vanjaar se kompetisie is.
Nietemin het die Luiperds ook hulle tande geslyp en die Leeus ‘n paar keer bekommerd gehad.
Die Leeus het die voortou geneem met Leeus losskakel, Shaun Reynolds, wat ‘n strafskop tussen die pale gestuur het. Die Luiperds het ‘n paar keer basiese foute begaan waar hulle nie strafskoppe uitgeskop het nie, wat direk tot die Leeus se eerste drie gelei het.
Estehan Visagie, Luiperds se agtsteman, het wel vir die drie van die wedstryd gesorg toe hy soos ‘n flamink langs die kantlyn sy balans gehou het en ook soos ‘n aggressiewe buffel vier Leeus afgestamp het voor hy gaan druk het.

Die Leeus het wel steeds herhaaldelik druk toegepas en ‘n derde drie voor halftyd gaan druk om die telbord na 17-5 te skuif. Die Leeus het beter gevaar in die tweede helfte maar die tuisspan het nooit moed opgegee nie en kon in die laaste minute, terwyl Bobby de Wee in die koelkas wees, nog ‘n drie druk.
Hierdie keer was die Luiperds se linkervleuel, Dean Stokes, aan die beurt om met sy individuele vaardighede ‘n pragdrie te druk. Die Luiperds reis die naweek na Durban waar hulle die Haaie op Growth Point Kings Park aandurf.
Die Haaie is onder die Luiperds (vierde) op die punteleer maar het een wedstryd meer gespeel. Die o.19 span met Tokkie Kasselman op losskakel het nog swakker gevaar en met 37-13 verloor – dit nadat hulle met 22-0 teen halftyd agter was.

Kasselman het ‘n reeks goeie lynskoppe deurgevoer en daar is beslis groot potensiaal wat hier vir die Luiperds ontgin kan word. Die wedstryd skop om 15:00 af.
o.21’s – Punte
Luiperds: Drie: Dean Stokes (2), Estehan Visagie. Conversion: Schalk Hugo.
Leeus: Drie: Bobby de Wee, Steph Vermeulen, Clinton Theron, Cyle Brink. Doelskoppe: Shaun Reynolds (3). Strafdoel: Reynolds.
o.19’s – Punte:
Luiperds: Drieë: Dieter Leicher, Zweli Silaule. Strafdoel: Benhard Janse van Rensburg.
Leeus: Drieë: Barend Smit, Jaydri Kotze, James Venter, Paul de Beer (2). Doelskoppe: Hendrik Mulder (3). Strafdoele: Hendrik Mulder (2).



