WP knak Luiperds se kanse in Absa Kampioenskap

Die WP was gans te sterk vir die Luiperds op Olën Park verlede naweek met hulle o.19- en o.21-spanne wat met glimlagte teruggkeer het Kaap toe. WP se o.21’s het die wedstryd 40-22 gewen terwyl die o.19’s amper dieselfde paadjie gevolg het om met 38-19 die jong Luiperdsspan te klop. WP se Christo van der …

Die WP was gans te sterk vir die Luiperds op Olën Park verlede naweek met hulle o.19- en o.21-spanne wat met glimlagte teruggkeer het Kaap toe.

WP se o.21’s het die wedstryd 40-22 gewen terwyl die o.19’s amper dieselfde paadjie gevolg het om met 38-19 die jong Luiperdsspan te klop. WP se Christo van der Merwe was die o.21’s se groot held nadat hy met ‘n driekuns die tuisspan se kans op oorwinning gekelder het.

Die Luiperds het hard probeer maar kon net nie dié flank in toom hou nie. Algeheel het WP ook met meer doelgerigtheid en eenheid gespeel. Die tuisspan sal wel voel dat hulle kanse gehad het, maar net nie genoeg in die tenk gehad het om werklik die telling in hulle guns te swaai nie.

Myburgh Briers het weer ‘n uitstekende wedstryd in die donkergroentrui gehad, terwyl Walt Steenkamp ‘n paar keer sy krag op die aanval en in die lynstane bewys het. Dit was wel ‘n jammerte dat die Luiperds se staatmaker kaptein, Jeandré Rudolph, vroeg die veld as gevolg van ‘n besering moes verlaat.

Die o.19’s kon ondanks verlede naweek se sege teen die Haaie nie hul momentum voortsit nie en moes maar klippe teen WP kou.

Hulle kon wel drie goeie drieë teen die sterk WP-verdediging druk met Mllani Lubelwana, Tapiwa Mafura en Siyabonga Masuku wat agter die doellyn gaan kuier het.

Die o.19 Luiperds bevind hul tans in die vyfde plek en sal hard moet werk om die ses-punt agterstand wat die Leeus in die vierde plek het, in te haal.

Die o.19- en o.21 Luiperds speel op Vrydag, 14 Augustus teen die Blou Bulle op Loftus Versveld. Die o.19’s skop om 15:00 en die o.21’s om 16:40 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button