Editor's note

Drastiese stappe nou nodig

In die tydperk van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is dit ironies dat daar toe juis in die media oor talle gevalle berig is waar daar geweld teen vroue en kinders was.

In die tydperk van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is dit ironies dat daar toe juis in die media oor talle gevalle berig is waar daar geweld teen vroue en kinders was.
En dit is nie asof die media dié gevalle gaan uitsoek het soos wat soms gesê word nie. Daar is berig omdat dit gebeur het en omdat dit in openbare belang is dat mense weet wat om hulle gebeur. Soms byna op hul voorstoep.
Verlede week is Potchefstroom geskok oor die hoeveelste verkragting wat al net in dié jaar plaasgevind het. Daar gaan byna nie ‘n week om waarin die Herald nie oor ’n verkragting berig nie.
In Dinsdag se Beeld is op een bladsy drie berigte oor voorvalle waarin daar geweld teen vroue en kinders was. Op dieselfde dag is ’n vrou in Parys deur een van ses rowers in ’n huis verkrag.
Die land is steeds geskok oor die wurgdood van die 9-jarige Michelle Koekemoer deur haar eie ma en die skopdood van die 3-jarige Poppie van der Merwe waarvoor haar stiefpa teregstaan. Oor Michelle se dood het streeklanddros Robert Button kritiek uitgespreek teenoor die regstelsel, die gemeenskap en die ma se familie.
Hy het gesê die sosiaal maatskaplike omstandighede van Michelle se ma, wat 27 keer probeer het om selfmoord te pleeg, het geroep om hulp wat sy nooit ontvang het nie.
Beeld het Button aangehaal: “Dit is skokkend hoe mense in hierdie land hul kinders verwaarloos en mishandel. Dit het tyd geword dat elkeen …. sy deel doen.”
Alles gesê verbaas dit nie dat die Instituut vir Rasseverhoudinge oor die hoë voorkoms van geweldsmisdaad opmerk dat die publiek dalk weer oor die herinstelling van die doodstraf sal wil debatteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button