CANSA Relay for Life uitgestel weens reën

Die CANSA Relay for Life pretdraf wat die naweek sou plaasvind, is weens swaar reën en nat toestande uitgestel tot Mei.

Die CANSA Relay for Life pretdraf wat die naweek sou plaasvind, is weens swaar reën en nat toestande uitgestel tot Mei. Volgens gemeenskapsmobiliseerder van CANSA Noordwes, Isabel Minnaar, is die sportvelde waarop dit sou plaasvind te nat en wil CANSA nie skade aan die velde rig nie.

Die Relay gaan nou op 13 Mei plaasvind, en gaan ook nie meer deurnag gebeur nie. Dit gaan daardie Saterdag van 09:00 tot 21:00 plaasvind op die Fanie du Toit-sportgronde.

“Dis vir ons baie sleg maar ons maak die beste van n slegte situasie, so ons sien uit na Mei se relay, nou het ons nog tyd om groter te gaan so spanne kan nog inskryf tot Mei maand,” sê Minnaar.

Vir meer inligting oor hoe om deel te neem of betrokke te raak by hierdie groot jaarlikse fondsinsameling vir Kanker, kontak Johann Hattingh by 082 347 7150 / jhphattingh01@gmail.com of Phoebe Liebenberg by 018 290 5340 / Phoebeliebenberg@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button