NewsNews

‘Ek wil sien hoe jy ly’, sê verkragter

’n 28-jarige vrou is na bewering verlede Vrydagoggend omstreeks 02:00 op die Bult verkrag.

’n 28-jarige vrou is na bewering Vrydagoggend omstreeks 02:00 op die Bult verkrag.
“Ek wil sien hoe jy ly,” het haar verkragter glo aan haar gesê voordat hy haar verkrag het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was sy saam met vriende by ’n kuierplek.
“Volgens haar verklaring het sy ’n uitval met haar kêrel gehad, waarna sy buite gaan sit het,” vertel Manyoba.
’n Karwag het haar glo genader om met haar te praat, maar sy het vir hom gesê om haar uit te los.
Daarna het ’n jonger man haar genader. Voor sy vir hom kon sê om haar uit te los, het hy glo vir haar gesê “ek wil sien hoe jy ly”. Volgens Manyoba het die man haar gegryp en teen ’n muur in ’n stegie vasgedruk.
Die karwag van vroeër het by die man aangesluit en haar vasgedruk terwyl die ander man haar verkrag het.
“Dit is wat ons met julle wit meisies gaan doen,” het die man glo vir die vrou gesê terwyl hy haar verkrag het. Hy het daarna vir die karwag gewys dat dit nou sy beurt is. Terwyl hy die vrou verkrag het, het sy om hulp geskree, waarna ’n voertuig gestop het. Die verdagtes het weggehardloop. Die vrou is na Potchefstroom Hospitaal geneem, waarna sy ’n klag van verkragting by die polisie aangemeld het.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button