Frankryk staan op teen brandmaer modelle
Frankryk het die gebruik van brandmaer modelle verban. Wanneer modelle deesdae vir werk aansoek doen, word daar van hulle verwag om eers ‘n dokterssertifikaat in te handig wat wys of hulle gesond is. Hierdie sertifikaat moet spesifiek hulle liggaamsmassa indeks (LMI) toon. LMI is die verhouding van ‘n persoon se gewig tot sy of haar …

Frankryk het die gebruik van brandmaer modelle verban.
Wanneer modelle deesdae vir werk aansoek doen, word daar van hulle verwag om eers ‘n dokterssertifikaat in te handig wat wys of hulle gesond is. Hierdie sertifikaat moet spesifiek hulle liggaamsmassa indeks (LMI) toon.
LMI is die verhouding van ‘n persoon se gewig tot sy of haar lengte.
Frankryk is nie die eerste land wat teen hierdie wanpersepsie van ‘maer is mooi’ opstaan nie. Spanje, Israel en Italië het reeds daardie besluit geneem.
Daar is ook besluit dat indien modelle se foto’s digitaal verander word, die aanduiding ‘photographie retouchée’ by die foto ingevoeg moet word.
Modelagentskappe wat hierdie nuwe wet oortree, staar ‘n hewige boete van tot en met €75 000 en ses maande tronkstraf in die gesig.



