Robotika
Regte-egte Robocop nou ‘n Dubaise polisie-offisier As ʼn mens van die 21ste eeu en cool plekke praat, is Dubai een van dié futuristiese areas wat in mens se kop opkom. Dit is ʼn land wat die wêreld se hoogste gebou huisves en allerhande gevorderde uitvindsels op hulle lys van prestasies kan sit. Net so kan hulle nou …
Regte-egte Robocop nou ‘n Dubaise polisie-offisier
As ʼn mens van die 21ste eeu en cool plekke praat, is Dubai een van dié futuristiese areas wat in mens se kop opkom. Dit is ʼn land wat die wêreld se hoogste gebou huisves en allerhande gevorderde uitvindsels op hulle lys van prestasies kan sit. Net so kan hulle nou die eerste operasionele Robocop, ʼn lewensgrootte robot-polisieman, by die lys voeg.
Die robot, wat 1,7 m lank is, staan nou in die Dubai Mall waar dit besoekers in 6 tale kan bystaan om rigting te vind of selfs om ʼn parkeerkaartjie te betaal. Google verskaf die tegnologie, asook IBM se superkomper, Watson.
Die indrukwekkendste is dat Luitenant Robocop kriminele op ʼn afstand van 30,5 meter kan uitwys en dit met 80 % sukses. Daarna kan die inligting wat versamel is van die persoon dadelik deurgegee word aan die polisie hoofkantoor.
Luitenant Robocop besit nog nie die vermoë om ʼn persoon in nood fisies by te staan nie, maar daar is ʼn noodknoppie op sy raakskerm waardeur die persoon wat hulp benodig dadelik in kontak kan kom met ʼn polisie beampte.
In 2011 is die robot ontwerp om as vermaak vir gaste op te tree en ook as informant hulle inligting te verskaf. Die Dubai polisiediens het nie hierdie kans laat verbyglip nie en met die Spaanse maatskappy, PAL Robotics, ʼn ooreenkoms aangegaan om ʼn robot te bou wat reg en geregtigheid kan handhaaf.
Hulle hoop om in 2030, 25 % van Dubai se polisiediens met robotte aan te vul.



