LifestyleSponsored

Silwerskoon matte in ’n japtrap

“Dienslewering is altyd spoedig en baie goed. Matte en skoonmaak van huise tydens oorstromings is van uitstekende gehalte.”

“Dienslewering is altyd spoedig en baie goed. Matte en skoonmaak van huise tydens oorstromings is van uitstekende gehalte.”

“Carpet Clean het die afgelope 10 jaar op ‘n baie gereelde basis die matte by Potchefstroom Gimnasium se koshuise gewas. Ek kan getuig van flinke, vriendelike en professionele diens. Geen werk was ooit te klein of te groot nie. Hulle was ook bereid om na ure en tydens krisisse in te spring en te help. Ek beveel hulle onvoorwaardelik aan en my beste wense vergesel hulle. Pieter Lessing.”

Hierdie is maar enkele van die komplimente wat gelukkige kliënte oor Carpet Clean te sê het. Daar is min dinge wat soveel vertroue skep soos 20 jaar se ervaring en Carpet Clean kan juis dit vir hulle kliënte bied.

Die geheim van hul sukses is eerstens dat die regte produk vir die regte probleem gebruik word, en tweedens dat die personeel kundig is oor matte en meubels, en derdens vaardig is met die masjiene – daarom is kolle, gemorste kos en koffie, selfs hond/kat uriene asook muf nie ‘n probleem nie. Selfs bloed en verf kan in meeste gevalle 100% skoongemaak word – byvoorbeeld, 90% van matte wat weens die swaar reën of gebarste pype/geisers oorstroom is, kon tot op datum “gered” word.

https://www.facebook.com/carpetcleanpotch/videos/2193962630864435/

Waar vuilgoed vasklou aan die weefsels of gekristaliseer het, is ons ervaring dat droë poeier ontoereikend is – ‘n werklik effektiewe diepskoonmaak kan slegs bereik word deur industriële masjiene te gebruik soos ons Numatic Hurricane Turboborsel en die “Twin Engine” Semca Hydrovac – water én die seep word uit die mat/meubels verwyder sodat dit net winddroog hoef te word.

Of dit nou muur tot muur, los- of persiese matte, meubels, matrasse, teëls en selfs houtvloere is, lyk dit in ‘n japtrap soos nuut. Carpet Clean se grootste kliëntebasis is meer as ‘n duisend. Potchefstroom se pragtige tuisteskeppers, en kort op hulle hakke die groter ondernemings waaronder Absa, Triomf, Nedbank, die NWU Sports Village, kampus en koshuise, Tina Scholz Akademie, restaurante en gastehuise waar hulle onder andere matrasse higiënies reinig van alle besoedeling.

Daarom maak ‘n groot getal eiendomsagente gebruik van hul dienste om te verseker dat huurders in ’n silwerskoon huis of woonstel intrek.

Carpet Clean dra ook graag by tot die gemeenskap deur spesiale pryse te bied vir inwoners van tehuise vir bejaardes, afslag aan kleuter- laer- en hoërskole, terwyl kerke en sekere liefdadigheidsorgansisasies outomaties 20% korting kry.

Om jou huis of besigheid ’n silwerskoon opknap te gee, skakel Albert by Carpet Clean: 083 627 3132.

Besoek hulle Facebookblad hier.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button