LifestyleSponsored

Raam jou huis behoorlik met Swift Paving

Plaveisel is nie net stene om jou huis of by jou oprit nie. Dit is die eerste ding waarop ’n besoeker of kliënt jou eiendom takseer. Eerste indrukke tel en daarom moet jy seker maak jy kry professionele diens wanneer jy jou perseel laat plavei.

Plaveisel is nie net stene om jou huis of by jou oprit nie. Dit is die eerste ding waarop ’n besoeker of kliënt jou eiendom takseer. Eerste indrukke tel en daarom moet jy seker maak jy kry professionele diens wanneer jy jou perseel laat plavei.

Swift Paving het al etlike duisende vierkante meter se stene in Potchefstroom gelê en geniet dit om soms ’n bietjie inisiatief aan die dag te lê – jou plaveisel hoef nie “boring” te wees nie want ‘n klein bietjie kreatiwiteit kan soms ‘n reuse verskil aan die voorkoms van jou huis maak.

Maar terwyl alles bo-op pragtig lyk, wil mens hê dat dit oor ‘n jaar steeds pragtig lyk, sonder damme water en indentasies. Wat onder die stene aangaan bepaal die lewensduur van die totale area en dis gewoonlik hier waar “fly-by-nights” kortpad vat en knoeiwerk doen. Op die langduur is ‘n goedkoop installasie ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

Wanneer Swift jou plaveisel doen, word noukeurig aandag aan die grondformasie en samestelling gegee en jy sal ingelig word oor die opsies wat jy het om die regte basis vir die stene wat gepak gaan word te lê. Daarom neem die voorbereiding gereeld meer as die helfte van die tyd op.

Die grond moet behoorlik losgepik word om gras en wortels te verwyder, en waar nodig growwe sout te strooi. Dan moet die water val akkuraat bepaal word (levels) waarna die grond deeglik gekompakteer word.

https://www.facebook.com/SwiftPavingPotch/videos/414838009283970/

Die volgende stap is die gooi van ‘n 20-30mm riviersand/crusher laag wat deur ‘n vaardige vakman “gescreet” moet word waarop die stene gepak word, en weer gekompakteer word. Ten laaste word die “grouting” gedoen en Swift Paving gebruik altyd ‘n mengsel van pleistersand en sement ten einde die groei van gras deur middel van saad teë te werk.

Ons oogmerk is dat as Swift Paving jou plaveisel gedoen het, jy nooit uit jou motor sal klim en in ‘n poel water trap nie.

Plaveisel raam ’n gebou, en die regte plaveisel is die raam, die afronding wat jou eiendom op sy beste laat vertoon – en dit hoef nie ‘n fortuin te kos nie. Sodra jy weet hoeveel jy van jou swaarverdiende geld wil spandeer, sal Swift jou help om die beste waarde vir jou geld te kry met die gepaste steen vir elke area.

Swift Paving bied jou alternatiewe ekonomiese opsies tot luukse stene – verskaffers wat in Potchefstroom lewer is Berts Bricks, Technicrete, Corobrik, Stone Art, Prestige Stone en Smartstone.

Met die eikelaan wat bedreig word deur sementblaaie en plaveisel wat die bome van water ontneem, kan inwoners dit gerus oorweeg om dit met waterdeurlaatbare plaveisel te vervang (permeable paving) en so die eikelaan herstel na sy vorige glorie.

Laat Swift Paving se kundigheid vir jou werk, en net soos die kwotasie is hulle advies gratis en verniet.

Skakel Albert by Swift Paving: 083 627 3132.

Besoek hulle Facebookblad hier. 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button