10 uit 10 met Roevan de Beer
Roevan de Beer is beter bekend as Potchefstroom se eie ‘hokvegter’ of liewer ‘Mixed Martial Artist’. Hy het onlangs sy tweede wen as professionele vegter in dié sport beklink. Die Herald het bietjie meer oor hom gaan uitvind.

Roevan de Beer is beter bekend as Potchefstroom se eie ‘hokvegter’ of liewer ‘Mixed Martial Artist’. Hy het onlangs sy tweede wen as professionele vegter in dié sport beklink.
Die Herald het bietjie meer oor hom gaan uitvind.
1. Wat doen jy vir ʼn lewe? (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)
Ek is ‘n professionele ‘mixed martial artist’ (MMA) wat tans by die Extreme Fighting Championship (EFC) gekontrakteer is. Ek het ook my eie MMA en fiksheid gym waar ek klasse aanbied.
Die lekkerste deel is om mense te help om hulle kennis van die sport te groei en hulle bystaan om hulle fiksheidsdoelwitte bereik.
Die slegste deel is seker maar die impak wat die sport op my lyf het. Party dae is die ure ook sleg.
2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?
Ek is in Potchefstroom gebore. Ek wou nog altyd ’n sportster geword het.
3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?
By my familie. So basies my huis of in my gym
4.Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?
Scott Steiner
Roger Federer
Jason Robinson
Travis Fimmel
Johnny Wilkinson
Elkeen van hulle het ‘n groot impak op hulle onderskeie velde bygedrae.
5.Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?
Brie Larson AKA Captain Marvel
6.Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?
Engeland en New York is plekke wat ek baie geniet het. Ek sal graag eendag na Japan en Rusland toe wil gaan.
7.Wat is jou stokperdjies?
Playstation 4, Anime en diere
8.Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?
Selfoon, karsleutel, beursie, klere en trouring
9.Drie gunstelingdisse?
Greek Taste pizza, sushi en pasta
10.Wat is jou gunstelingaanhaling?
“Experience is a brutal teacher, but you learn fast”



