Beleggingsmoontlikhede wanneer wisselvalligheid die nuwe norm geword het
Jenwil BlouSter se uiters suksesvolle Welvaartkongres in Potch Herald by The Roots word vanjaar vir die vyfde keer in Potchefstroom aangebied.

Jenwil BlouSter se uiters suksesvolle Welvaartkongres in Potch Herald by The Roots word vanjaar vir die vyfde keer in Potchefstroom aangebied.
Beleggers van Potchefstroom en die omgewing kan weer uitsien na ‘n glansgeleentheid gevul met waardevolle inligting wat jou gedagtes, idees en persepsies rondom beleggings en die opbrengs daarvan sal prikkel, uitbrei en vorm vir 2020. Die Welvaartkongres vind hierdie jaar op 19 September plaas.
Oor die afgelope jaar tot 9 Augustus het die JSE algehele indeks ‘n verlies van 4.43% gelei. Die JSE eiendoms indeks is af met 15.01%.Oor die tydperk was hooflyninflasie ongeveer 3.59%. Die Satrix Bond indeks het 7.98% gelewer en die Satrix MSCI World Equity Indeks 12.95%. Dan het die rand verder met 5.1% teenoor die VSA Dollar verswak. Beleggers kan met reg afvra waar hulle swaarverdiende geld belê behoort te wees.
Die doel van die aand is om brandpunte soos onsekerheid, wisselvalligheid van markte en die uitwerking van die VSA/China handelsoorlog, die Oktober Brexit, Eskom en ander staatskuld, rekord vlakke van werkloosheid en verdere afgraderings aan te spreek. Die lae ekonomiese groei, lae JSE prestasie en wisselvalligheid van die rand laat baie beleggers met ‘n mate van kommer, veral wanneer jy inkomste moet neem en jou kapitaal neem af. Dan praat ons nie eers van die verlies aan koopkrag waar jou beleggings onder inflasie presteer nie. Soos in die verlede, sal verskeie bate bestuurders die verhoog deel om perspektiewe op die kwelvrae van menigte beleggers te gee. Beleggers kry raad oor hoe hulle die ekonomiese en politieke brandpunte in ’n moeilike beleggingstyd kan hanteer, terwyl Theo Venter (politieke kommentator en ontleder) ook die plaaslike en oorsese politieke gebeure in konteks sal plaas. ’n Paneelbespreking wissel die kort aanbiedings af. Ligte verversings word deurlopend bedien.
Hou die Herald dop vir weeklikse berigte wat die aand se besprekingsonderwerpe verder sal toelig. Die Welvaartkongres is gratis, maar bespreking voor 12 September is noodsaaklik. Ons nooi elkeen wat al ooit gewonder het oor sinvolle beleggings en hoe hulle beleggings tans lyk en presteer teenoor die verwagtinge, om die geleentheid by te woon op 19 September 2019 by The Roots. Vir enige verder inligting of besprekings kan Susan Fouché geskakel word by 082 048 6309 of potch@jenwil.co.za. Die aand word, soos in die verlede, aangebied ten bate van Vessels of Mercy Place of Safety.



