Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A rugbyspan is een stappie nader aan die Virsekerbeker-trofee nadat hulle die afgelope Vrydag, 9 Augustus vir Hoërskool Ermelo met 38-17 op Volkies se veld geklop het.
Foto’s: Marianke Saayman
Erries het geen antwoord vir Volkies se begeesterde span gehad nie, wat al teen halftyd omtrent hulle plek met puik kragtige dryfmale en fisieke voorryspel in die finaal verseker het.
Saterdag, 17 Augustus speel Volkies teen KHS in die eindstryd op Hoërskool Marais Viljoen se velde in Alberton.
Vir afrigter, Daan Seymore, is dit ‘n spesiale geleentheid om weer in ‘n eindstryd te speel.
“Vier jaar gelede het my en Christo van Heerden se o.15 span ook in die finaal gespeel en in 2011 was Volkies se eerste span die wenners. So ek dink elke vierde jaar is ek gelukkig om ‘n span tot in die finaal af te rig,” het Seymore genoem.



















