Lifestyle

Herstel jou geldsake na Covid-19

Reeds aan die begin van die grendelperiode het baie mense hul inkomste verloor (uit besighede en as salaris) of salarisse is verlaag.

Reeds aan die begin van die grendelperiode het baie mense hul inkomste verloor (uit besighede en as salaris) of salarisse is verlaag.

Daar was ook werksverliese. Dit is die eerste uitdaging waarmee baie individue worstel.
Die inperking het egter ook besparings opgelewer. Jy ry minder, eet minder uit en koop minder wegneemetes of koffie. Dit is goed om nie die besparings nou aan lekkernye te spandeer nie. Gebruik dit eerstens waar jou inkomste verminder het of begin jou noodfonds daarmee.
Wat jy egter nie moet verminder nie, is jou mediesefondsbydraes en noodsaaklike versekering. As jou versekering verval, sal jy moontlik weer vir mediese toetse moet gaan en is jy miskien nie so gesond nie.
In plaas daarvan, kontak jou adviseur en hoor watter premie-verligting jou versekeraar bied. Dieselfde geld vir jou bydraes tot jou uittree-annuïteitsfondse. Baie versekeraars bied premie-vakansies aan, as jy vooraf reël, sonder om met die koste te penaliseer. Sommige korttermynversekeraars bied ook toegewings. Die meeste finansiële instellings besef dat individue en klein ondernemings onder druk is. Kontak dus jou bank en kyk watter skuldverligting beskikbaar is. Administrasie en sekwestrasie is baie duur opsies, probeer dit eerder vermy. Indien nodig, oorweeg die dienste van ’n adviseur of skuldberader. Dit kan selfs voordelig wees om sommige skuld te konsolideer.
Beleggings met aandeleblootstelling het aanvanklik groot verliese gelei. Persone wat middel Maart verkoop het, sou die meer as 20%-herstel van daardie punt gemis het. Dit kan ook tyd wees om na jou kontantbelegging te kyk, met rentekoerse wat tot ’n 25 jaar historiese laagtepunt gedaal het. As jy inkomste uit jou beleggings neem, kan dit nodig wees om dit tydelik te verminder omdat jou beleggings in waarde gedaal het en jy nie kapitaal wil verloor nie.
Indien jy bekommerd is oor die finansiële impak op jou huishouding, nooi ons jou uit na Sentraal24 en Jenwil Blou-ster Finansiële en Adviesdienste se aanlyn webinaar, Donderdag, 16 of 30 Julie om 17:30.
Bespreek jou virtuele sitplek by Tania by (018) 175 0140 of www.jenwil.webinargeek.com. Skakel ons ook vir ’n gratis konsultasie met ’n gekwalifiseerde finansiële beplanner. Saam kan ons jou finansiële plan hersien om jou deur hierdie moeilike tyd te help.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button