EntertainmentLifestyleSponsored

Vesel Internet sonder sukkel huppel of haak

Hoe sou die lewe wees sonder die internet? Dit is baie moeilik om ‘n wêreld sonder internet voor te stel, aangesien soveel aspekte van ons alledaagse lewe beïnvloed word deur die internet of daaraan gekoppel is.

Hoe sou die lewe wees sonder die internet? Dit is baie moeilik om ‘n wêreld sonder internet voor te stel, aangesien soveel aspekte van ons alledaagse lewe beïnvloed word deur die internet of daaraan gekoppel is.

Internet het die manier verander waarop die wêreld funksioneer en kommunikeer.
Die mees onlangse rewolusie in dié verband is die toeganklikheid tot veselinternet (“Fibre Internet”).
Safricom bied nou aan elke inwoner van Potchefstroom wat in Van Der Hoff Park, Heilige Akker, Oewersig, Mooivallei Park, die Damgebied en dele van die Bult, die gulde geleentheid om gebruik te maak van “Fibre To The Home Internet” (FTTH).
Safricom het reeds sewentig optiese vesel komplekse voorberei en daardeur ‘n groot gedeelte van die studentegemeenskap met Safricom se optiese veselnetwerk verbind.
Safricom se visie is om elke woning in die veselgereed-woonbuurte te koppel. Safricom skop hierdie projek in Julie vanjaar af met ‘n uitstekende aanbod vir alle Damgebied inwoners. Daar is geen aanvanklike registrasie- of aansluitingsgelde betaalbaar nie. Safricom bied aan die Damgebied inwoners ‘n gratis installasie en ’n maand se gratis gebruik van 100 Mbps onbeperkte veselinternet. Hierdie aanbod bied aan die inwoners die geleentheid om Safricom-veselinternet te toets. Safricom se konsultant sal inwoners ‘n maand na die installering van die veselinternet by hulle onderskeie wonings kontak om hulle Safricom ervaring te bespreek. Die konsultant sal ‘n geskikte veselinternetpakket voorstel vir oorweging deur die betrokke inwoner. Indien die inwoner nie wil voortgaan om Safricom se internetdienste te gebruik nie, sal Safricom die geïnstalleerde toerusting kosteloos verwyder. Die betrokke eiendom sal egter veselgereed bly, wat die waarde van die eiendom sal verhoog. Dit is al bewys dat wonings met ‘n veselverbinding makliker verkoop of verhuur word. Veselinternet is die nuutste ontwikkeling in die wyse waarop data oor die hele wêreld oorgedra word. Optiese veselkabels gebruik klein glasvesels wat data met behulp van lig oordra. Groot hoeveelhede data kan vinnig deur ’n enkele lyn gedra word.
Safricom bied tans vinnige veselsinternet-pakkette met snelhede van tot 1 000 Mbps aan sy kliënte.
Die hele gesin kan tegelyk aanlyn rondblaai, aflaai, gesels, kyk en luister. Veselinternet is die beste manier om na jou gunstelingreekse te kyk deur middel van stroomdienste soos Netflix en Showmax, asook om aanlynspeletjies te speel sonder om die stroomdiens te buffer.
Video-monitering het ‘n groot afskrikmiddel vir misdaad geword, en video-monitering met vesel is onopvallend en kan gebruik word om jou woning vanaf ‘n afstand te monitor.
Die Cachet Park CID (City Improvement District) gebruik tans 152 kameras om gebiede rondom die Bult op ‘n gewapende-reaksiebasis te moniteer vir 24 uur per dag en sewe dae per week, terwyl die Damwoonbuurt en Kanonniers Park ook die behoefte uitgespreek het vir ‘n stabiele en vinnige konneksie om daardie gebiede veilig te hou en misdaad te voorkom.
Volgens prof. Fika Janse van Rensburg, uitvoerende hoof van die Cachet Park CID, is die veselverbinding wat Safricom verskaf van onskatbare waarde vir die CID se projek om misdaad te moniteer en te voorkom.
“Om die regte gereedskap vir die werk te hê, het ons taak baie vergemaklik. Die netwerk van kameras word steeds uitgebrei, sodat die gebied waarin misdaad gemoniteer en voorkom word, ook al hoe groter kan word. Hoe meer kameras ontplooi word, hoe belangriker word ons verbinding. Safricom het in hierdie opsig ‘n groot bydrae gelewer,” het Janse van Rensburg gesê. Moenie hierdie aanbod misloop nie. Skakel Safricom by (018) 285 1000, waar ‘n verkoopskonsultant gereed staan om met die proses te begin. Gebruik asseblief die verwysing FTTH Dam Area Project. Ons kontaksentrum is oop van Maandag tot Vrydag van 07:00 tot 20:00 en van Saterdag tot Sondag van 08:00 tot 20:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button