Plaaslike kunstenaars stal weer uit

Na maande se inperking het plaaslike kunstenaars weer die geleentheid om hul werke aan die publiek ten toon te stal. Grendeltyd 21 is ʼn uitstalling wat Woensdag, 11 November om 18:00 by die Potchefstroomse Hoofmuseum (h/v Sol Plaatjie- en Wolmaransstraat) open.

Na maande se inperking het plaaslike kunstenaars weer die geleentheid om hul werke aan die publiek ten toon te stal. Grendeltyd 21 is ʼn uitstalling wat Woensdag, 11 November om 18:00 by die Potchefstroomse Hoofmuseum (h/v Sol Plaatjie- en Wolmaransstraat) open.

Saam met die Grendeltyd 21 uitstalling kan kunstenaars ook enige van hulle ander werke inskryf wat tydens die uitstalling verkoop sal word.

Die idee agter die Grendeltyd 21 uitstalling het by drie kunstenaars vroeër vanjaar in Maart ontstaan toe hulle medekunstenaars uitgedaag het om werke te skep om fondse vir die Teaterbystandsfonds (TBF) in te samel. Dedré Victor, Cronjé Lemmer en Roy Vierra Forté het gevoel hulle wil graag die uitvoerende kunstenaars help omdat teaterproduksies en kunstefeeste vanjaar nie kan plaasvind nie.

Die opdrag was dat kunstenaars werke in enige medium kan skep wat 15cm x 20cm (A5 grootte) is. Dit moet verkieslik ongeraam wees en sal teen R100 elk tydens die uitstalling verkoop word. Alle fondse word aan die TBF geskenk.

Slegs die Grendeltyd 21 uitstalling sal fondse aan die TBF skenk. Kunstenaars wat ander geraamde kunswerke tydens die uitstalling wil verkoop, moet dit saam met die Grendeltyd 21-kunswerke inskryf. Alle kunswerke moet reeds hierdie week by die museumgalery afgee word waar Roy Vieirra Forté die werke weeksdae tussen 11:00 en 15:30 en Saterdag, 7 November van 09:00-12:30 sal ontvang. Vir enige navrae, skakel Deidré by 082 922 8078 of Cronjé by 082 335 4548.

  • Die TBF is die enigste hulpfonds in die vermaaklikheidsbedryf en bestaan al 53 jaar as welsynsorganisasie. Alle fondse word slegs deur donasies en fondsinsamelingsprojekte verkry en verskaf finansiële hulp aan behoeftige, siek en brandarm bejaardes wat professioneel in die vermaaklikheidsbedryf werk. Hulle verskaf ook finansiële bystand aan diegene wat in nood verkeer met onverwagte mediese onkostes of om ‘n begrafnis te betaal. Alle beroepe binne die uitvoerende kunste word gedek.

nwu afr

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button