Volkies kyk na Menlo vir plek in eindstryd
Volkies moet komende naweek vir Hoërskool Menlopark klop vir kans om 'n plek in die Finsbury A-afdeling se eindstryd.

Volkies moet komende naweek vir Hoërskool Menlopark klop vir kans om ‘n plek in die Finsbury A-afdeling se eindstryd.
Dit nadat hulle die afgelope naweek teen Waterkloof die knieg moes buig. Volkie shet eerste gaan kolf en 160 lopies gemaak. Waterkloof het die totaal gemaklik verby gesteek met slegs vyf paaltjies plat. Volgens Pieter Wiid, hulpafrigter van die Volkies
1ste XI, is hulle tevrede met die boulvertoning van die span. “Die lopies was net van die begin af te min om regtig druk op Waterkloof te plaas. Nou moet ons Menlo die naweek op ‘n hoë noot aflsuit, en as ander resultate in ons guns val, mag
ons dalk net in die finaal eindig, eers moet ons, ons kant bring, en dan is dit uit ons hande uit,” het Wiid gesê. Volkies het verlede jaar in die eindstryd ook teen Waterkloof verloor.