7 winterwenke vir koue oggende op SA se paaie
Koue oggende kan jou motor beïnvloed. Hier’s 7 slim wenke om jou voertuig veilig en glad te hou dié winter.
Suid-Afrikaanse winters bring dalk nie sneeustorms nie, maar dit bring steeds vroeë oggendkoue, gevriesde voorruite en kouer enjins.
Die koue beïnvloed jou motor se werkskapasiteit asook jou eie vailigheid op die pad.
Thabo Tlhakwana, Wheel and Tyre Manager, van Eagle Motor City gee ‘n paar wenke om jou motor in die winter te versorg.
1. Koue batterye is minder effektief.
Laer temperature kan batterykrag verminder. As jou battery ouer as drie jaar is, laat dit toets. Maak seker die pole van die battery is skoon..
2. Bande verloor druk in koue weer.
Dis eenvoudige wetenskap: kouer lug = laer druk. Bande met laer druk lei na ‘n motor wat minder vas op die pad is en hoër brandstofverbruik. Kontroleer jou bande gereeld en moenie die loopvlakdiepte vergeet nie. Jy wil maksimum kontak met die pad hê, veral wanneer dit nat of ysig is, wat oornag op baie plekke in SA gebeur.
3. Vloeistowwe maak meer saak as wat jy dink.
Verkoelingsvloeistof en wasservloeistof is noodsaaklikhede vir die winter. Verkoelingsvloeistof help om oorverhitting te voorkom, selfs in koue weer, en ‘n goeie wasservloeistof sny maklik deur mis en vuiligheid.
4. Mistige vensters? Maak dit vinnig reg
Koue oggende veroorsaak mistige voorruite. Gebruik jou lugversorging of ontwasemingsmiddel. Hou ‘n mikrofiberlap byderhand ingeval daar ‘n vinnige vee nodig is.
5. Winter is nie goed vir jou verf nie.
Stof, vog en vuil paaie kan jou verf mettertyd beskadig. ‘n Gereelde was beskerm jou motor se buitekant teen die opbou van vuil en klein skrape en hou dit vars.
6. Moenie luier nie, ry net rustiger.
Moderne enjins het nie lang opwarmings nodig nie. In plaas daarvan om te luier, begin stadig ry na ‘n paar sekondes om die enjin toe te laat om natuurlik optimale temperatuur te bereik. Dit beter vir die motor en jou brandstofrekening.
7. Jou ligte is belangrik.
Met minder dagligure is jou ligte belangriker as ooit tevore. Gaan alle gloeilampe na, hoofligte, remligte, flikkers, en vervang enige gloeilampe wat dof of foutief is vir maksimum sigbaarheid en veiligheid.
Winter hoef nie moeilik vir jou voertuig te wees nie. ’n Bietjie sorg gaan jou baie ver om jou veilig te hou en jou motor glad te laat loop. En as jy onseker is, besoek ’n betroubare dienssentrum.



