Chubby Chick-verdagte verskyn in absentia

Die saak is tot 19 November uitgestel.

Robbert Joubert (73), die verdagte in die Chubby Chick-skietery, wat die lewe van Johnathan Fourie geneem het en sy boer, Deon kritiek beseer het, het 12 November in absentia in die Potcshefstroom-landdroshof versykn.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Joubert word aangekla van moord en poging tot moord. Hy is tans steeds in die hospitaal en die saak is tot 19 November uitgestel.

Die tragiese voorval het 10 November by Chubby Chick in Potchefstroom se industriële gebied plaasgevind. Johnathan is op die toneel doodverklaar en Deon is in ‘n kritieke toestand per heilikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gehaas.

Volgens inligting is ’n vergadering tussen die twee direkteure, Johnathan en Deon, en Joubert gehou, vermoedelik oor ’n eiendomstransaksie.

Ná die vergadering het Joubert glo die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. In daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal toe die Joubert glo die gebou binnegekom en hom verskeie kere geskiet het. Hy het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer en Joubert glo in die raadsaal ontmoet het, waar hy ook verskeie kere geskiet is.

Sekuriteitspersoneel het toegetree en ’n verdere skietvoorval het plaasgevind. Die verdagte is gewond en na ’n plaaslike hospitaal vervoer, waar hy tans onder streng polisie toesig is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button