VIDEO: Gimmie blits duik oor wenstreep vir SA 200m goud
Van Staden het ook in die 200m tartan gekoop toe sy oor die wenstreep geval het. Gelukkig het Van Staden nie te seer gekry nie en kon nog daarna die aflos ook hardloop.
Potchefstroom Gimnasium se blitsige naelloper, Miandi van Staden, het by die ASA o.18 en 0.20 Atletiek-kampioenskappe drie goue medaljes behaal.
Van Staden het in die 100m, 200m en 4×100 aflos-item goud verwerf. Sy het ook in die 200m tartan gekoop toe sy oor die wenstreep geval het. Gelukkig het Van Staden nie te seer gekry nie en kon nog daarna die aflos ook hardloop.
Kyk die video hier en lees meer in Donderdag, 4 April se uitgawe van Poptchefstroom Herald.