Jannas reg vir netbalseisoen
Hoërskool Jan Viljoen se netbalspanne het onlangs gewys dat hulle gereed is vir ‘n uitstekende seisoen.
Hoërskool Jan Viljoen se netbalspanne is slaggereed vir die nuwe seisoen.
Volgens Nirica Crous, waarnemende skoolwoordvoerder het Jannas se netbalspanne uitstekend gevaar tydens die Netfest-toernooi wat op Vrydag 1, en Saterdag 2 Maart by Maragon High School in Ruimsig plaasgevind het.
Die netbalspanne het hieraan deelgeneem om vir die komende Superreeks voor te berei,” het sy gesê.
Jannas se o.14A- en B-spanne, o.15A- en B-spanne, o.16A-span asook die skool se tweede- en eerstespanne het deelgeneem. Hulle het met Maragon High School, St Andrews High School, Trinity High School en Crawford Lonehill High School kragte gemeet.
“Dit was ‘n baie goeie geleentheid om ons spanne se sterk- en swakpunte te identifiseer en hulle sodoende voor te berei vir die reeks wat voorlê,” het sy bygevoeg.





