LettersUpdate

BRIEF: Tehuis sê dankie aan gemeenskap

Na die struwelinge wat die inwoners van Randpoorttuiste met die krag ondervind het sê hulle dankie aan die gemeenskap wat uitgereik het om te help.

• Dalena Botha, voorsitter van Vriendskaptuiste skryf:

Beste familie en vriende van Vriendskap- en Randpoorttuistes,

‘n Gemeenskap is so sterk soos sy steunpilare. In my lewe het ek die volgende twee kosbare lesse geleer; ‘wees altyd dankbaar’ en ‘dank God die Vader’.

• Lees die artikel hier: Randpoort Tuiste loop erg deur weens kragonderbreking

Dankie, dankie, dankie en nogmaals dankie! Julle het ‘n reuse verskil in die lewens van ons inwoners by Randpoorttuiste gemaak.

Namens die bestuurskomittee en al die inwoners van Randpoorttuiste wil ons vir julle baie dankie sê vir julle ondersteuning tydens die twee weke lange kragonderbreking.

Dankie vir julle voetspore van liefde, vriendskap en omgee. Mag God se genade oor julle reën en julle nog baie lank vir ons leen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button