Local newsNewsSchools

Rappies se ATKV-redenaarspan aangewys

Span van 14 om Laerskool Rapportyer te verteenwoordig.

Leerlinge van Laerskool Rapportyer (Rappies) het tydens hul Interne Redenaars op (Donderdag 5 Maart) met die oulikste praatjies vorendag gekom.

Die volgende leerlinge is tydens die geleentheid aangewys om die skool by die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging) se redenaarsuitdunne op 12 en 13 Maart te gaan verteenwoordig.

• Gr 3-leerlinge: Almaré Joubert en Johan Collins.

• Gr 4-leerlinge: Michael Croukamp en Rick van den Berg.

• Gr 5-leerlinge: Logan Jordaan, Carli Rall, Simoné Joubert en Marisse Huysamen.

• Gr 6-leerlinge: Christiaan Fourie, Ashley Stewart en Kyle Lombaard.

• Gr7-leerlinge: André Visser, Carmen de Beer en Vitali Beukes.

“Veels geluk aan al die wenners. Ons is opreg trots om sulke redenaars in ons midde te kan hê,” het Magda Swart van Rappies gesê.

Johan Collins en Almaré Joubert (voor).
Johan Collins en Almaré Joubert (voor).
Agter: Kyle Lombaard, Christiaan Fourie en André Visser. Voor: Carmen de Beer, Vitali Beukes en Ashley Stewart.
Agter: Kyle Lombaard, Christiaan Fourie en André Visser. Voor: Carmen de Beer, Vitali Beukes en Ashley Stewart.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button