Laerskool Rapportryer het onlangs tydens hul Omgeeweek gewys dat hulle harte warm klop vir ander.
Leerders, personeel en ouers het die Sox Drive-projek ondersteun wat deur ‘n onderwyser van die skool, Ziskia Geldenhuys, geloods is. Ziskia is onlangs aangewys as die eerste prinses in die Mev Randfontein-kompetisie.
Die Graad 1’s het behoorlik by Rappies geskitter en die klasse van onderwysers Celeste Wentzel en Doret Korb het die inisiatief geneem om ‘n klomp kouse asook kos en klere vir minderbevoorregte leerders te bring.
Volgens Roleen Olivier, Rappies-skoolwoordvoerder, het leerders sakke vol kouse bymekaar gemaak.
Ons waardeer elkeen se ondersteuning opreg. Elke kwartaal het ons ‘n Omgeeweek waartydens die leerders die geleentheid kry om niebederfbare produkte vir die minderbevoorregte leerders te bring.
“Dit het ‘n saadjie by een van ons personeellede geplant om die res van die personeel uit te daag om ons harte oop te maak vir ons gemeenskap en te kyk wie die meeste produkte insamel.
“Ons bedank ons Rappie-ouers, -leerders en -personeel wat weereens hul harte oopgemaak het vir ons projek. Elkeen van ons leerders moet weet “jou wêreld is so groot soos jou hart is!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



