NewsSchools

Rappies sê nee vir boelies

‘Staan op teen boelies!’ is die boodskap wat Rappies-leerders aan ander het.

Boelies is ‘n groot probleem in skole regoor die wêreld en Laerskool Rapportryer (Rappies) van Randgate het onlangs standpunt daarteen ingeneem.

“Rappies se leiers het op 3 Mei hulle ondersteuning gewys vir die teenboelieveldtog. Die leiers voel baie bevoorreg om te kan opstaan teen boelies,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.

Jacques van Eeden en Vian Wentsel tydens die teenboelieveldtog. Foto: ingestuur.

Hulle het verskillende kleure klere aangetrek wat elkeen iets anders verteenwoordig het.

“Rooi verteenwoordig liefde en blou is vergifnis. Rappies se leerders is bewus gemaak van hierdie skrikbewind wat ons skole in vandag se lewe oorneem,” het Roleen gesê.

‘Staan op teen boelies!’ is die boodskap wat Rappies-leerders aan ander het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button