Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen is gekies om aan die Gauteng-atletiekkampioenskappe deel te neem.
Die leerders het Vrydag, 6 Maart en Saterdag 7 Maart aan die kampioenskappe deelgeneem wat by die Ruimsig Stadion gehou is.

Foto: Tammy Smith.
Hierdie vier Jannas-atlete is vir die Gauteng-kampioenskappe gekies:
• Arno Jansen van Vuuren: o.19-hoogspring
• Juanita Bester: o.19-driesprong
• Eddy Mahlayeye: 100m hekkies en verspring vir o.15’s
• Keagan Taylor: o.15-diskus
Volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, het Arno ‘n vierde plek behaal met ‘n persoonlike beste hoogte van 1,94m.
Hoërskool Jan Viljoen wens die atlete baie geluk met hul wonderlike prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



