NewsSchools

Rappies Pre-Primêr-skoolhoof verjaar!

'Ons almal van Rappies Pre-Primêr hoop dat juffrou Sonja 'n baie lekker dag gehad het' — skoolwoordvoerder.

Juffrou Sonja van Tonder, die hoof van Rappies Pre-Primêr het onlangs haar 58e verjaarsdag gevier.

Volgens Charmaine du Preez, ‘n Graad R-juffrou by die skool, is Juffrou Sonja al vir 20 jaar by Rappies.

“Hierdie jaar vier Rappies Pre-Primêr ook ons 20e bestaansjaar. Dit was ‘n voorreg om Juffrou Sonja se verjaarsdag terselfdertyd te vier. Voor elke klas is daar ballonne en strooilinte (streamers) gespan en almal was reg vir partytjie hou.

“Ons almal by Rappies Pre-Primêr hoop dat juffrou Sonja ‘n baie lekker dag gehad het,” het Charmaine gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button