NewsSchools

Ram help ander in nood voor afsonderingstyd

Onderwysers, ma's en ander vrywilligers het meer as 'n 100 kospakkies opgemaak om gesinne in nood te help.

Onderwysers en vrywilligers van Laerskool Randfonten het ‘n dag voor die afsonderingstydperk meer as 100 kospakkies opgemaak vir mense in nood.

Onderwysers en ma’s het op Donderdag, 26 Maart bymekaargekom om met die voedingskema te help.

“Ons het probeer om vir elke gesin stysel, vleis en koeldrank te gee,” het onderwyser Celeste Pretorius gesĂȘ.

Kinders was te bly om die pakkies te kom afhaal. Foto ingestuur.

“Om vir ‘n kospakkie te kon kwalifiseer, moes jy jou SASSA-kaarte toon en ‘n afskrif daarvan indien sodat ons die regte tipe ouer kon help, want daar is regtig behoeftige gesinne wat nie kos het nie. Hulle moes dus aansoek doen om op die voedingskema geplaas te word.”

Celeste Strydom, nog ‘n onderwyser het gesĂȘ dat hulle ook boeke as skenkings ontvang het, wat aan families uitgedeel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button