NewsSchools

Castaways kry skenking van Ram vir afsonderingstyd

"Ons het beplan om dit eers te oorhandig wanneer die skole heropen, maar ons het besluit om dit so gou as moontlik te doen want die diere het ook kos nodig in hierdie moeilike tyd."

Laerskool Randfontein het vir hul eerste kwartaal se liefdadigheidsprojek goedere aan Castaways Animal Sanctuary geskenk.

“Ons skool het elke kwartaal een liefdadigheidsprojek waardeur ons verskeie organisasies help. Vir die eerste kwartaal het ons besluit om honde- en katkos in te samel vir Castaways omdat hulle dit regtig nodig het,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Volgens Annie is die projek geloods deur die leiers van 2020, en is die goedere wat ingesamel is toe op Donderdag, 26 Maart – die dag voor die afsonderingstydperk begin het – aan Castaways oorhanding.

“Ons het beplan om dit eers te oorhandig wanneer die skole heropen, maar ons het besluit om dit so gou as moontlik te doen want die diere het ook kos nodig in hierdie moeilike tyd.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button