NewsSchools

Groot liefde vir klein kindertjies

Ten spyte van die uitdagings wat Covid-19 bied, is Jessica van Tonder steeds trots daarop om ‘n kleuterskooljuffrou te kan wees.

Speeltyd en drukkies in kleuterskole is iets van die verlede maar Jessica van Tonder van Ramkriekies Kleuterskool geniet steeds elke oomblik daarvan om ‘n kleuterskooljuffrou te wees.

Die 37-jarige het twee jaar gelede dié titel weer opgeneem nadat sy vir ‘n paar jaar na haar vorige onderwyserspos in verskeie industrieë gewerk het.

Ek is bly dat ek weer in die onderwys beland het, dis tog die beroep wat my die gelukkigste maak. Dis lekker om in die oggend op te staan en te kom werk. Ek is baie lief vir kinders en nie een dag is dieselfde as jy ‘n kleuterskooljuffrou is nie.”

Haar gunstelingaspek van haar werk is om te weet dat mens werklik ‘n impak op kinders se lewens kan maak. Sy het vertel dat leerders wat voorheen by haar klas gehad het haar steeds kom groet en haar vertel hoe dit met hulle gaan.

Sy het ‘n Graad R-klas en het gesê dat hulle baie formele assesserings doen om voor te berei vir Graad 1.

Jessica van Tonder help ‘n leerder om haar hande in die klaskamer te ontsmet. Foto: Jaco-Mari Haasbroek

“Ons het altyd ‘n bietjie formele lesse gehad en geleer deur te speel, maar as gevolg van die Covid-19 regulasies is die klasse meer formeel en ons speel nie meer nie. Dis wonderlik om te kon sien hoe vinnig hulle aangepas het toe die kleuterskool weer oopgemaak het.” Hoewel haar klassie weet om hul afstand te hou en gereeld te saniteer, herinner sy hul gereeld aan die nuwe regulasies.

Dis baie moeilik om mens se afstand te hou van die kinders vir wie jy so lief word, veral as jy hulle moet troos, maar ons maak die beste van ‘n slegte saak en ons troos hul maar met ons woorde. Hulle speel elk op hul eie en ek kan sien dat hulle die sosiale interaksie mis, want dit is maar net nie dieselfde om met ‘n maatjie te speel wat ‘n paar meter van jou af moet staan nie,” het sy gesê.

Ten spyte van die afgelope paar maande se uitdagings is Jessica steeds trots daarop om ‘n kleuterskooljuffrou te kan wees.

“Ek geniet dit baie om vir die klein kindertjies skool te gee en al die lekkers wat hulle vir my aandra is ook ‘n pluspunt,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button