Laerskool Rapportryer se onderwysers het baie moeite gedoen om die Omgeeweek op 'n hoë Lentedag-noot af te sluit. Foto: Jaco-Mari Haasbroek
Die Geelgroep van Laerskool Rapportryer (Rappies) het op Vrydag, 4 September hul Omgeeweek met ‘n Lentepretdag afgesluit.
“Die grade het met mekaar gekompeteer en het helder en vrolike uitrustings aangetrek om die nuwe seisoen te vier. Die kos wat tydens die Omgeeweek ingesamel is, gaan aan minderbevoorregte gesinne geskenk word,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.
Laerskool Rapportryer se onderwysers en leerders het baie moeite gedoen om die Omgeeweek op ‘n hoë Lentedag-noot af te sluit. Foto: Jaco-Mari Haasbroek
Die projek is deur Julanda Olivier gereël en oudergewoonte was dit ‘n groot sukses.
“Rappies het die Omgee-kompetisie tussen die Rooi- en Geelgroep gehou wat alternatiewelik skool toe kom. Hulle het kos ingesamel vir die behoeftige gesinne van die skool, asook die bejaardes van die dorp wat swaarkry in die tyd van Covid-19,” het Julanda verduidelik.
Laerskool Rapportryer se leerders het baie moeite gedoen om die Omgeeweek op ‘n hoë Lentedag-noot af te sluit. Foto: Jaco-Mari Haasbroek
“Skaars het die woorde van André Kruger, waarnemende hoof , ‘Let the games begin!’ op die lug gekom, of die grade se produkte het begin instroom. Elke graad het ‘n tema en kleur ontvang. Die twee groepe het onderskeidelik op 4 en 11 September volgens hulle kleur aangetrek en met hul insamelings gespog. Die personeel van elke graad het dit natuurlik nie vrygespring nie, en hulle moes die graad se tema uitbeeld en daarvolgens aantrek.”
Soos gewoonlik het Rappies nie teruggehou nie en daar was groot opgewondenheid. Volgens Julanda het Rappies nog nooit tevore soveel kos ingesamel nie.
Giovanni Marais en Theunis Kleynhans het baie moeite gedoen om te help kos insamel vir minderbevoorregtes gedurende Omgeeweek. Foto: Jaco-Mari Haasbroek
“Rappies is waarlik geseënd met sulke vrygewige ouers en hardwerkende leerders.”
Laerskool Rapportryer se onderwysers het baie moeite gedoen om die Omgeeweek op ‘n hoë Lentedag-noot af te sluit. Foto: Jaco-Mari Haasbroek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.