NewsSchools

KYK: Riebeeckrand se Jerusalema-dans … tot die hoof dans

Leerders, onderwysers en selfs die hoof neem deel aan die Jerusalema-dans.

Hoërskool Riebeeckrand se leerders – en hul hoof – het onlangs die Jerusalema-dans met mening uitgevoer.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is daar binne 12 uur meer as 17 000 keer na die video gekyk, en kommentaar het ingestroom.

Kyk hier:

Elize Scholtz het gesê, “Baie baie goed gedoen julle, julle is ‘n top span”. Pieter White het gesê, “Een van die bestes wat ek al gesien het”. Sy noem ook dat die hoof, Annelize van den Berg, die uitdaging aan die gang gesit het.

Selfs die hoof het aan die Jerusalema-dans deelgeneem. Foto: Skermgreep

Die hoof en personeel het die juniorraad uitgedaag met hutsmerke #DieJuniorraadIsBang, #DieOnniesIsAanDieGang. Die uitdaging is onmiddellik aanvaar en het groot pret vir die onderwysers en die juniorraad verskaf,” het Elzeri vertel.

“Die leerders was baie kreatief en het spontaan opgetree deur dansbewegings by te voeg om die video uniek en anders te maak. Dit is werklik ‘n unieke vertolking en beeld die hart, gees en kultuur van Riebeeckrand uit.”

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand in aksie. Foto: Skermgreep.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button