NewsSchools

Riebeeckrand-projek vul honger magies

Hoërskool Riebeeckrand help waar hulle kan deur twee etes 'n dag te verskaf.

Die inperking het ‘n groot impak op alle Suid-Afrikaners gehad.

Hoërskool Riebeeckrand het aan die begin van die vlak 5-inperking ‘n omgeehart-projek geloods om vir hul minderbevoorregte gesinne kospakkies te voorsien.

“Die ouers en ondersteuners van Riebeeckrand het almal ingespring en die gesinne het ‘n paar keer kospakkies ontvang,” sê Elzeri Wright, skoolwoordvoerder.

Sedert die skole heropen het, het Riebeeckrand hul voedingskema se dienslewering uitgebrei.

“Ons voorsien nou ‘n bakkie pap in die oggend en gekookte ete in die middae aan elke voedingskemaleerder.

Van Riebeeckrand se hotelskoolpersoneel asook ouers is die uitmuntende kokke wat die heerlike etes met die grootste liefde vir ons leerders voorberei”.

Elzeri het genoem dit is wonderlik om ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak.

“Dit is voorwaar ‘n voorreg om deel van die Randfonteingemeenskap te wees waar almal saamstaan, mekaar help en ‘n verskil probeer maak.”

Die Riebeeckrand-familie bedank graag elke ouer en ondersteuner vir hul finansiële- en voedsel bydra.

Ons bedank ook al die ouers wat help met die voorbereiding van die etes en ‘n groot dank aan Laerskool Rapportryer, FNB en Henning Boerdery wat reuse skenkings gemaak het.

“Dankie ook aan Willie Barnard, Bettie Nel en Marius van Zyl wat betrokke was by die voedingskema,” sê Elzeri.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button